SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 12 Okt 2008
TEMA: Dank aan God pas by julle (Efe 5:4)
LITURGIE
(MG=musiekgroep, TS=tegniese span, LIT=liturg)
WIE |
WAT |
DETAIL |
T/S |
TS |
Vooraf musiek & afkondigings |
“Lewe is om dankbaar te wees vir die lig en liefde vir die warmte en teerheid in mense en dinge wat sommer ontvang is. (Phil Bosman) |
dankie |
TS |
5 minute vooraf |
DVD-5 kamp |
DVD |
TS |
Visueel |
Ons dank U, Vader, vir U goedheid, vir al wat ons van U ontvang: die aardse lewe met sy soetheid, maar ook die pynlikheid daarvan. Ons loof U vir wat heerlik is, maar ook vir smart en duisternis. (Ges 15:4) Ek was nog ‘n student toe ek deur diewe aangeval is en van my beursie beroof is. In my dagboek het ek geskryf: “Laat my dankbaar wees, eerstens omdat ek nog nooit vantevore beroof is nie; tweedens, al het hulle my beursie gevat het hulle nie my lewe geneem nie; derdens, omdat dit wat hulle gevat het nie veel werd was nie; en vierdens, dat dit ek was wat beroof is en nie iemand anders nie.” (Matthew Henry) |
dankie2 (sound) |
MG |
Sang |
“Ons is almal hier tesaam” Klavier (2x) Klavier en gemeente (1-2) |
938 |
LIT |
Voorlesing |
Jes 6:1-5 1 ¶ In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. 2 By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. 3 Die serafs het mekaar telkens toegeroep: "Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid." 4 Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. 5 ¶ Toe het ek uitgeroep: "Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ‘n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige." |
Jes6 |
MG |
Sang |
“Heilig, heilig, heilig” Trompet Trompet & Klavier Trompet & Klavier & gemeente (1-2) “Heilig, heilig, heilig” Klavier Klavier en gemeente (2x) |
774 775 (170) |
LIT |
Voorlesing |
Miga 6:6-7 6 ¶ Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers? 7 Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tien duisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding? |
Mig6 |
MG |
Sang |
“Moet ek gaan met leë hande” Trompet Trompet & Klavier Trompet & Klavier & gemeente (1,3) |
HL234 |
LIT |
Voorlesing |
Luk 17:11-17 11 ¶ Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. 12 Net toe Hy ‘n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op ‘n afstand staan 13 en roep hard: "Jesus, Here, ontferm U oor ons!" 14 Toe Hy hulle sien, sê Hy: "Gaan wys julle vir die priesters." Op pad daarheen het hulle gesond geword. 15 En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. 16 Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was ‘n Samaritaan. 17 Toe sê Jesus: "Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? |
Luk17 |
LIT |
Kort gedagtes |
Waarvoor sê hierdie man dankie? Die gevreesde siekte weg Gesond Mense Tempel Kruis |
preek |
GEM |
Oordenking |
|
dink |
MG & Diak |
Nagmaal gereed gemaak |
“Ons Vader” |
945 (266) |
LIT |
Nagmaal instelling |
“‘n Artikel van die National Geographic van Sept 1991 vertel van ‘n jongman in Hanover, Pennsilvanië, wat erge brandwonde opgedoen het toe ‘n stoomketel ontplof het. Om sy lewe te red het geneeshere hom oordek met 6000 vierkate sentimeter van ‘n donateur se vel sowel as ‘n posseël-grootte stukkie van sy eie vel wat nie gebrand het nie. ‘N Joernalis wou by hom weet: “Dink jy ooit aan die donateur wat jou gered het?” Die jon man het geantwoord: “Om te lewe danksy ‘n gestorwe donateur is te groot, te veel, daarom dink ek nie daaraan nie.” Jy leef ook danksy ‘n gestorwe donateur...dink jy soms daaraan? |
nagm5 |
GEM |
Nagmaal gebruik |
|
nagm6 |
OUDL |
Gebed |
|
gebed |
LIT |
Voorlesing |
Miga 6:6-8 6 ¶ Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers? 7 Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tien duisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding? 8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. ALTYD GEWONDER Altyd gewonder, hoé loof die sterre altyd gevra, hoé prys die maan? Want, sê die Woord, álles gee eer aan die wonderlike God die groot Skepperheer En nou weet ek net om te wees en te doen wat jy is geen werke of strewe is nodig om te lowe - Hóm wat waardig is Wees soos ‘n ster wat rus in sy baan en skyn van Sy glorie soos die volmaan en jy sal vanself Sy naam verhoog - die Groot Adonai met jou lof oorlaai |
Mig6a altyd |
Diak |
Dankoffers |
“Dankbaarheid is die grond waarin trots nie maklik groei nie.” Arthur M Ramsay |
dankoffers |
MG |
Lied |
Dankoffers (1x) Dankie vir hierdie skone more (1-4) Dankie Heer (2x) |
683 699 681 (2x) |
Liturg |
Seën |
|
|
DANKIE
Dankie Here, vir die reën
dankie dat U ons so seën
met hemelwater, so rein, so skoon
van daar waar ons ook
eendag gaan woon